# Die DA-leier John Steenhuisen het aangekondig Mohammed Haniff Hoosen is die party se burgemeesterskandidaat vir die eThekwini Munisipaliteit in KwaZulu-Natal. Steenhuisen het aan partylede gesê Durban benodig werkende dienste, funksionerende spoorweë, ‘n sterker ekonomie en werkskepping. Steenhuisen sê die stad se verval kan omgekeer word met leierskap wat waardigheid herstel, water- en rioolstelsels wat reggemaak word en misdaad wat aangepak word. Hy beskryf Hoosen as ‘n ervare leier met die moed om eThekwini te herbou:
DA kondig Mohammed Haniff Hoosen as eThekwini-burgemeesterskandidaat aan [KLANK]
ENG-SteenhuisenOnHoosen