Skip to content

DA is bekommerd dat Tau nie handelsooreenkoms met VSA sal sluit voor tariewe in werking tree nie

# Die DA-woordvoerder oor Finansies, Mark Burke, sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau het slegs ure om ‘n handelsooreenkoms met Amerika te sluit voordat tariewe van 30-persent in werking tree. Burke beskuldig Tau daarvan dat hy aansporings voorstel wat met belastingbetalersgeld befonds sal word, in stede daarvan om kritieke ooreenkomste te beklink. Burke sê met 40-miljard-rand wat reeds verlede jaar verlore gegaan het met doeane-subsidies, kan die Tesourie nie bekostig om nog verdere ANC-mislukkings te befonds nie. Hy is gekant teen enige reddingsboei as die onderhandelinge misluk.