# Die DA sê die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het daarin geslaag om Suid-Afrika in ‘n konstruksieterrein te omskep, korrupsie uit te wis, werksgeleenthede te skep en openbare eiendom terug te eis. Die party het gister die departement se begroting in die Nasionale Raad van Provinsies ondersteun. Igor Scheurkogel van die DA sê die mediumtermyn-infrastruktuurbelegging van 54,1-miljard-rand beteken beter gehalte geboue, veiliger gemeenskappe en verbeterde plaaslike dienslewering. Hy voeg by hulle steun ook minister Dean Macpherson se bestryding van die konstruksiemafia, met meer as 240 arrestasies tot dusver.
DA in NRP steun Departement van Openbare Werke se begroting ten volle