# Die DA gaan Saterdag Vrouedag vier met ʼn optog in Gugulethu, Kaapstad. Die party sê die optog gaan aandag vestig op die polisie se DNS-agterstand wat landwyd geregtigheid vir geslagsgeweldslagoffers belemmer. Die agterstand by die SAPD se laboratorium vir forensiese wetenskap is meer as 140-duisend DNS-toetse. Die oorsake van die probleem sluit in dienskontrakte vir forensiese toerusting en tenders wat verval het, en noodsaaklike forensiese instrumente wat nie gebruik word nie. Die DA sal die Saartjie Baartman-sentrum vir vroue en kinders in Manenberg besoek.
DA hou optog teen geslagsgeweld en polisie se DNS-agterstand