Skip to content

DA eis rekenskap van Departement van Justisie en NVG vir mislukte aanklagte in staatskapingsake

# Die DA sê hy wil aan die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie skryf en eis dat die Departement van Justisie en die Nasionale Vervolgingsgesag rekenskap gee van nog ‘n mislukte poging om staatskapingsake te vervolg. Die Hooggeregshof in Bloemfontein het uitspraak gegee dat die uitlewer van die voormalige premier van die Vrystaat Ace Magashule se gewese persoonlike assistent, Moroadi Cholota, onwettig was en dat sy nie in die asbessaak vervolg kan word nie. Die DA sê die NVG skep die indruk dat diegene wat staatsgeld steel, nooit verantwoordelik gehou sal word nie.