# Die DA eis ‘n onmiddellike parlementêre ondersoek na Eskom se dieselverkrygingskwessie van 21-miljard rand. ‘n Ondersoek na die kontrak vir diesel vir Eskom se Oopsiklus-gasturbine-kragstasies het ongerymdhede en nie-nakoming van verkrygingsprosesse getoon. Die begunstigdes waaroor vrae ontstaan het, sluit in Severino Industries, wat ‘n kontrak van vier-miljard rand ontvang het ondanks die feit dat die 24-jarige bestuurder geen ervaring in die energiesektor het nie. Die DA sê hy sal nie toelaat dat Eskom die Nasionale Tesourie as ‘n private kitsbank gebruik vir fopmaatskappye wat in krisistye geskep word nie.
DA eis parlementêre ondersoek na Eskom se dieselkontrakte van R21-miljard