# Die DA in die Wes-Kaap eis dat die nasionale regering onmiddellik polisiehulpbronne in alle hoëmisdaadgebiede op die Kaapse Vlakte versterk. Die party sê minstens 22 moorde is oor die naweek in gemeenskappe op die Kaapse Vlakte aangemeld. Die DA-lid, Benedicta van Minnen, sê speurders steier onder die groot hoeveelheid sake, stasies word lamgelê deur die hoë aantal vakatures, en operasionele kapasiteit stort in duie, maar die nasionale polisiebestuur swyg steeds:
DA eis onmiddellike versterking van polisiehulpbronne op Kaapse Vlakte [KLANK]
ENG BenedictaonPoliceResources