Skip to content

DA eis minister Buthelezi moet rekenskap gee oor salarisse van geskorste amptenare

# Die DA het die Parlement versoek om die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Mzamo Buthelezi, te dagvaar oor die misbruik van openbare fondse. Verslae toon byna 800-miljoen-rand word jaarliks ​​bestee aan salarisse vir geskorste amptenare. Die DA-parlementslid, Eleanore Spies, sê dit weerspieël ‘n ernstige ineenstorting van aanspreeklikheid. Meer as 600 amptenare bly geskors, met baie wat buite die wettige tydraamwerke is, wat verdere druk op reeds sukkelende munisipaliteite en openbare finansies plaas.