# Die DA vra ‘n dringende ondersoek na beweerde korrupsie in Gautengse skoolsekerheids-tenders. Verklikkers beweer senior onderwysamptenare kies vooraf maatskappye vir omkoopgeld van tien tot 20-persent, en maatskappyname word geroteer om eienaarskapskakels te versteek. Die party waarsku dat leerderveiligheid en matriekeksamen-integriteit in gevaar is. Woordvoerder Bronwynn Engelbrecht eis dat vermeende betrokke amptenare geskors word en tenderrekords van 2016 tot 2024 volledig bekend gemaak word:
DA dring aan op ‘n forensiese ondersoek na sekerheidstenders in Gautengse skole [KLANK]
AFR-EngelbrechtOnTenders