Skip to content

DA dreig met hofstappe oor Johannesburgse raadsvergadering

# Die DA dreig met hofstappe nadat Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, weier om vandag se eerste raadsvergadering uit te stel. Die party hou vol koalisiegesprekke is nog nie afgehandel nie omdat die sperdatum eers Vrydag verstryk. Die DA het met bykans 35-persent die grootste aandeel stemme in die plaaslikeregeringsverkiesing gekry, maar ervaar sterk teenstand. ActionSA het intussen die DA se samewerkingsooreenkoms buite ‘n koalisie van die hand gewys, wat samesprekings kan bemoeilik. Brink sê egter die vergadering moet voortgaan, waarin 270 nuutverkose raadslede na verwagting ingehuldig sal word.