Skip to content

DA doen ‘n beroep op Gauteng-Gesondheid om bande met verdagte verskaffers te verbreek [KLANK]

# Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die Provinsiale Gesondheidsdepartement om aankope by maatskappye te staak wat by korrupte Tembisa-hospitaalkontrakte betrek word, wat deur die vermoorde fluitjieblaser Babita Deokaran as verdag uitgewys is. Die gesondheidswoordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê meer as 327-duisend-rand is in 2024 aan Nokokhokho Medical Supplies uitbetaal, ‘n maatskappy wat met die ANC-magnaat Sello Sekhokho verbind word. Bloom voer aan daar is genoeg getuienis om geïmpliseerde maatskappye te blokkeer ná ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke:

ENG-BloomOnTenders