Skip to content

DA beweer grondbesetters, vee neem 10 SANW-basisse oor

# Die DA sê ten minste tien Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagbasisse in Gauteng, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap is deur onwettige grondbestters oorgeneem. Die party beweer dat informele nedersettings en veekrale op militêre grond opgerig is, insluitend by die Marievale-basis in Gauteng, waar koeie en bokke aangehou word. Maliyakhe Shelembe van die DA doen ‘n beroep op die minister van Verdediging, Angie Motshekga, om dringend op te tree aangesien dit nasionale sekerheid en militêre aktiwiteite bedreig.