# Die DA het die burgemeester van Emfuleni, Hassan Mako, daarvan beskuldig dat hy die raadslid van die Patriotic Alliance, Bruce Nimmerhoudt, onwettig as burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer aangestel het terwyl hy nog ‘n dienende raadslid in die Rand West City-munisipaliteit is. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Emfuleni, Kingsol Chabalala, sê dit is onwettig vir ‘n raadslid om gelyktydig setels in twee munisipaliteite te beklee. Hy het gedreig om die saak na die polisie te verwys vir ‘n moontlike bedrogondersoek:
DA bevraagteken wettigheid van aanstelling van PA-burgemeesterskomitee in Emfuleni [KLANK]
ENG-ChabalalaOnNimmerhoudt