Skip to content

DA betoon medelye met dood van pous Franciskus

# Die DA het sy medelye uitgespreek met Katolieke wêreldwyd ná die dood van pous Franciskus gister in die ouderdom van 88. Die DA se leier, John Steenhuisen, het die pous se goeie leierskap en deernis vir verstotelinge geloof. Steenhuisen sê Franciskus het as staatshoof van die Vatikaanstad en leier van die Heilige Stoel deurentyd vir vrede en verdraagsaamheid gepleit. Die pous is aan longontsteking dood nadat hy lank aan respiratoriese kwale gely het. Hy het Sondag op Paassondag sy laaste openbare verskyning gemaak op die Sint Petrusplein.