# Die DA het die ANC se voorgestelde transformasiefonds van 100-miljard-rand veroordeel en dit ‘n plunderfonds genoem. DA-woordvoerder oor Handel en Nywerheid, Toby Chance, sê die fonds bevoordeel ‘n paar uitgesoektes en ondermyn ware transformasie. Chance vra vir gehalte-onderwys, minder burokrasie en sterker uitvoermarkte om entrepreneurs te bemagtig, werk te skep en armoede te beveg. Hy meen die voorgestelde fonds sal nie werklik enigiets vir Suid-Afrikaners oplewer nie:
DA beskryf die ANC se Transformasiefonds van R100-miljard as ‘n plunderfonds [KLANK]
ENG-ChanceOnTransformation