Skip to content

DA bekommerd oor meer as 700 stukkende polisievoertuie in Gauteng

# Die DA in Gauteng is bekommerd oor die honderde polisievoertuie wat stukkend is en dus misdaadvoorkoming en polisiesigbaarheid belemmer. Die DA-lid, Crezane Bosch, het onthul 710 uit die vyf-duisend-630 voertuie is gebreek, met stasies soos Ivorypark en Sentraal Pretoria wat die ergste geraak word. Sy het die premier, Panyaza Lesufi, versoek om vinnig in te gryp en saam met nasionale polisie-owerhede op te tree om die voertuie te vervang en doeltreffende misdaadbekamping in die provinsie te herstel.