Skip to content

DA Abroad verwelkom nuus dat oorsese aanlyn registrasie die naweek in werking tree

# Die DA se oorsese netwerk, DA Abroad, verwelkom die Onafhanklike Verkiesingskommissie se versekering dat oorsese aanlyn registrasie die naweek in werking sal tree. Dit volg nadat die OVK se adjunk uitvoerende hoof van verkiesingsbedrywighede, Masego Sheburi, dié week aan die Parlement bevestig het dat die aanlyn registrasiestelsel vir buitelandse kiesers nou gereed is. Ludré Stevens van die DA sê met byna twee-miljoen burgers in verskeie hoedanighede oorsee, insluitend vir studie, werk, vakansie of permanente verblyf, sal hierdie meganisme ongekende geleenthede verseker om te registreer en te stem.