# Die vakbondfederasie Cosatu vra ‘n rentekoersverlaging van 50-basispunte terwyl die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vandag vergader. Matthew Parks van Cosatu sê die ekonomie het verligting nodig met dalende inflasie en werkers wat deur skuld en stygende lewenskoste belas word. Die meeste werkers bly onder druk weens skuld, ondanks 44-miljard-rand wat deur pensioenhervormings beskikbaar geword het. Parks beklemtoon dat ‘n koersverlaging belangrike ondersteuning aan sukkelende huishoudings sal bied en sal help om die ekonomie weer aan die gang te kry:
Cosatu vra Reserwebank om terugkoopkoers te verlaag te midde van werkerskuldkrisis [KLANK]
ENG-ParksOnRepoRate