Skip to content

Cosatu verwelkom Godongwana se ingryping by die Pensioenadministrasie-agentskap

# Die vakverbond Cosatu het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geprys dat hy die problematiese Pensioenadministrasie-agentskap oorgeneem het. Dit volg na verslae wat aandui dat die agentskap ‘n huurkontrak van amper een-miljard-rand onderteken het vir ‘n gebou waartoe hulle nie toegang het nie. Godongwana het Stadi Mngomezulu van die Tesourie aangestel as waarnemende uitvoerende hoof terwyl die agentskap se hoof, Kedibone Madiehe, ondersoek word. Cosatu vra vir die vervolging van die oortreders en die herwinning van die miljoene wat alreeds betaal is, om die aftrede-spaargeld van 1,7-mijoen werkers en pensioenarisse te beskerm.