# Cosatu het die positiewe daling in die land se werkloosheidsyfer verwelkom. Die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname wat deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, toon dat die werkloosheidsyfer van 33,2-persent in die tweede kwartaal tot 31,9-persent gedaal het. Die uitgebreide werkloosheidsyfer, wat ontmoedigde werksoekers insluit, staan op 42,9-persent. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê werkloosheid is die grootste enkele bedreiging vir die land, en dit moet op kollektiewe wyse aangepak word:
Cosatu sê die positiewe daling in die werkloosheidsyfer moet gehandhaaf word [KLANK]
ENG MatthewonPositveDrop