# Cosatu sê die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die 2025/2026 Toedelingswetsontwerp bring begrotingsekerheid vir die regering. Die wetgewing beskryf hoe regeringsfondse tussen verskeie departemente toegeken sal word. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle verwelkom die bykomende befondsing om te help om openbare dienste aan die voorste linie te herbou wat deur jare van roekelose neo-liberale besuinigingsmaatreëls verlam is. Hy sê dit sluit in 29-miljard-rand vir onderwys, 28,9-miljard-rand vir gesondheid in, asook die vul van belangrike vakatures aan die voorste linie, insluitend 800 doktersposte:
Cosatu sê die goedkeuring van die Toedelingswetsontwerp bring sekerheid na die regering [KLANK]
ENG MatthewonNCOP