Skip to content

Cosatu prys Grensbestuursowerheid oor reuse-dwelmfonds van R1-miljard op Beitbrug-grenspos [KLANK]

# Die vakbondfederasie Cosatu sê die Grensbestuursowerheid verdien lof vir die onderskepping van ‘n dwelmbesending ter waarde van byna een-miljard-rand op die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo. Drie verdagtes is ook in hegtenis geneem. Ondersoeke is tans aan die gang om die beoogde bestemming van die dwelms te bepaal en om uit te vind of die sindikaat deel vorm van ‘n breër misdaadnetwerk wat binne die streek of wêreldwyd bedrywig is. Matthew Parks van Cosatu sê dit is ‘n belangrike deurbraak in die stryd teen georganiseerde misdaadsindikate:

ENG ParksONDrug