# Cosatu sê hy het by SATAWU aangesluit om ʼn suksesvolle hofaansoek te vier wat werkers toestemming gee om op bates van Mafoko Security beslag te lê. Die Hooggeregshof in Johannesburg het ten gunste van 144 gewese werkers van Mafoko Security beslis. Die werkers wil pensioenbydraes wat die maatskappy van hul salarisse afgetrek het maar vir meer as vyf jaar nooit aan die privaat veiligheidsektor se voorsieningsfonds oorbetaal nie, verhaal. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle loof die werkers se vasbeslotenheid:
Cosatu en werkers vier hofoorwinning teen Mafoko Security [KLANK]
ENG ZaneleonCourtVictory