# Corruption Watch veroordeel dreigemente teen en aanvalle op Abahlali baseMjondolo, die Socio-Economic Rights Institute, en die Menseregtekommissie deur die teen-immigrante-organisasie, Operasie Dudula en verwante groepe. Operasie Dudula het verlede week na die Durbanse en Johannesburgse kantore van die Menseregtekommissie en SERI se kantoor in Johannesburg opgeruk. Hulle het frustrasie uitgespreek oor nieregeringsorganisasies voorkeur gee aan buitelandse burgers. Corruption Watch sê hy kan nie toelaat dat ʼn privaat organisasie hom uitspreek oor die grondwetlike regte van buitelanders in hierdie land nie. Hy sê dit ondermyn die Grondwet en basiese menseregte.
Corruption Watch veroordeel dreigemente en aanvalle op Abahlali en instituut