# Cope sê Suid-Afrika sal nie soos ‘n kolonie van Amerika behandel word nie, en ook nie deur president Donald Trump, wat voortdurend op verkeerde inligting oor die land reageer, voorgeskryf word nie. Dit volg op die uitsetting van Suid-Afrika se ambassadeur in die VSA, Ebrahim Rasool, nadat hy deur die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, tot persona non grata verklaar is. COPE sê Rasool se uitsetting is die jongste aanval oor die land se ondersteuning van Palestynse regte.
COPE sê Trump sal nie vir Suid-Afrika voorskryf nie