Skip to content

Colombia onttrek ondersteuning van Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel by Internasionale Geregshof

# Colombia het sy ondersteuning vir Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag onttrek. Suid-Afrika het die saak in Desember 2023 teen Israel aanhangig gemaak en voer aan die land oortree die Volksmoord-konvensie se reëls wat die Palestyne in Gaza betref. Israel verwerp die bewerings en ontken sy optrede in Gaza kom neer op volksmoord. Die onttrekking kom terwyl Colombia se nuwe president, Abelardo de la Espriella, probeer om diplomatieke en ekonomiese betrekkinge met Israel te herstel.