Skip to content

COGTA-komitee vra nakoming na Tesourie se besluit om 69 munisipaliteite se befondsing te weerhou

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verwelkom Nasionale Tesourie se besluit om 69 munisipaliteite se fondse vir Julie voorlopig te weerhou. Dit sluit die Stad Johannesburg, Nelson Mandelabaai, Mangaung en Matjhabeng in. Tesourie sê die weerhouding van fondse moet fiskale dissipline vestig, seker maak staatsgeld word behoorlik bestuur en munisipaliteite dwing om ongemagtigde, onregmatige, vrugtelose en verkwistende besteding te hanteer. Die komiteevoorsitter, Zweli Mkhize, sê openbare verteenwoordigers en munisipale bestuurders moet aanspreeklik gehou word wanneer finansiële bestuur onder verdenking gebring word.