# Coca-Cola-produkte sal teen 2030 verantwoordelik wees vir ‘n beraamde 602-miljoen kilogram plastiekafval wat die wêreld se oseane en waterweë elke jaar besoedel. Dit is volgens ‘n verslag van die organisasie sonder winsbejag, Oceana. Coca-Cola is die wêreld se top handelsmerk en plastiekbesoedelaar gevolg deur PepsiCo en Nestlé. Oceana het bevind dat indien Coca-Cola die teiken van 26,4-persent se herwinde verpakkingsmateriaal teen 2030 bereik, sal hy in staat wees om sy plastiekverbruik te begin verminder. Coca-Cola het in reaksie gesê hy is steeds verbind tot die uitbreiding van sy hervulbare verpakkingsopsies.
Coca-Cola se plastiekafval kan teen 2030 602-miljoen kilogram per jaar bereik