Skip to content

Cholota se regspan oorweeg optrede ná onregmatige uitlewering

# Moroadi Cholota se regspan oorweeg hul volgende stap nadat die Hooggeregshof in die Vrystaat beslis het haar uitlewering uit die VSA was onregmatig. Cholota se prokureur, Piet Tebane, sê hulle kyk na regstellende optrede omdat haar grondwetlike regte geskend is. Cholota was die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule se persoonlike assistent en word verbind met die multimiljoen-rand-asbesdaksaak. Die hof het bevind die Nasionale Vervolgingsgesag het nie die regsbevoegdheid vir die besluit nie en slegs die Departement van Justisie mag uitlewerings magtig.