# Chloe Malle sal die hoofredakteur Anna Wintour as nuwe top redakteur van American Vogue opvolg. Die 39-jarige is tans hoof van die digitale redaksie van Vogue. Sy is die dogter van die aktrise Candice Bergen en die regisseur Louis Malle. Wintour het in Junie na amper vier dekades as die tydskrif se hoofredakteur, haar aftrede aangekondig. Sy sal aanbly as Vogue se wêreldwye redaksionele direkteur. Wintour sê Malle het bewys sy is in staat om die balans te handhaaf tussen Vogue se lang en besonderse geskiedenis en sy toekoms aan die voorpunt van vernuwing.