Skip to content

Chinese president Xi Jinping moedig lande aan om kragte saam te snoer en vrye handel te handhaaf

# Die Chinese president, Xi Jinping, het Viëtnam aangemoedig om kragte saam te snoer en vrye handel te handhaaf. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër gesê Xi se besoek is daarop gemik om Amerika te benadeel. Xi besoek Viëtnam as deel van sy Suidoos-Asiese toer wat Maleisië en Kambodja insluit. Beijing probeer ‘n bestendige alternatief vir Trump te wees, terwyl leiers die Amerikaanse tariewe trotseer. Xi het sy land en Viëtnam gevra om eensydige afknouery teen te staan ​​en die bestendigheid van die wêreldwye vryehandelstelsel te handhaaf.