Skip to content

Chinese man verloor R515 000 nadat hy geld aan KI-gegenereerde ‘vriendin’ betaal

# ‘n Man in Sjanghai, China, het bykans 515-duisend rand verloor nadat hy mislei is in ‘n langafstandverhouding met ‘n vriendin wat met KI geskep is. Swendelaars het deur middel van sagteware met kunsmatige intelligensie realistiese video en stilfoto’s van ʼn jong vrou geskep. Die slagoffer het die geld na sy aanlyn-minnares se bankrekening oorgeplaas, nadat die swendelaars hom oortuig het sy het geld nodig om ʼn besigheid te open en om ʼn familielid se mediese rekeninge te betaal. Die swendelaars het selfs ‘n vals ID en mediese verslae geskep.