Skip to content

China slaan terug met 84%-tariewe op VSA-goedere terwyl Trump se handelsoorlog eskaleer

# China het teruggeslaan met ‘n 84-persent tarief op Amerikaanse invoere nadat Donald Trump se 104-persent tarief op China in werking getree het. Dit het ‘n verdere daling in die Europese markte veroorsaak. Die FTSE 100-indeks van die grootste maatskappye wat in die VK genoteer is, het tot dusver vandag met 3,3-persent gedaal, terwyl die Duitse DAX met vier-persent gedaal het en die Franse CAC 40 vier-persent laer is. Intussen het die prys van Brent-ruolie tot onder 60-dollar per vat gedaal, die laagste prys sedert Februarie 2021.