Skip to content

China se koolstofvrystellings daal, ondanks voortdurende styging in krag-aanvraag

# China se koolstofvrystellings het met 1,6-persent in die 12 maande tot Mei 2025 gedaal, terwyl die wêreld alles uithaal om vrystellings te verminder in sy stryd teen klimaatsverandering. Die land is tans verantwoordelik vir sowat 30-persent van die wêreldwye vrystellings. Volgens die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug is die verskuiwing grootliks te danke aan rekordbeleggings in wind- en sonkrag, wat nou meer as 25-persent van China se elektrisiteit opwek. Intussen het elektrisiteit wat uit fossielbrandstowwe opgewek word oor die eerste vier maande van hierdie jaar met 3,6-persent gedaal.