# China het die tweede agtereenvolgende jaar tussen Januarie en Oktober ‘n handelsoorskot van 1,04-duisend-miljard-dollar aangeteken. Uitvoere het met meer as 35,2-persent gestyg vergeleke met verlede jaar, grootliks danksy die wêreldwye oplewing in kunsmatige intelligensie. Daar is tans ‘n reuse-vraag na Chinese mikroskyfies en ander A-I-verwante hardeware. Invoere het verlede maand met 41,6-persent gestyg, gedryf deur die vraag na tegnologie-verwante goedere, kritieke minerale soos koper, en energiebronne soos vloeibare aardgas, olie en steenkool.
China se handelsoorskot oorskry 1-duisend-miljard-dollar danksy oplewing in KI-uitvoere