# China se ekonomie het in die eerste drie maande vanjaar met vyf-persent gegroei en oortref alle verwagtinge te midde van die Israel/Amerikaanse oorlog in Iran. Die verbetering vanaf 4,5-persent in die vorige kwartaal word toegeskryf aan vervaardiging, voertuie en ander uitvoere. China is die wêreld se tweede grootste ekonomie en die wêreld se grootste olie-invoerder. Die Nasionale Statistiek-buro sê die eksterne omgewing raak toenemend wisselvallig en ingewikkeld, en waarsku teen ʼn skerp wanbalans tussen sterk aanbod en swak aanvraag.
China se ekonomie groei vinniger as verwag te midde van oorlog in Midde-Ooste