Skip to content

Childline SA maak alarm oor styging in kinderswangerskappe in Oos-Kaap

# Childline South Africa is bekommerd oor die toenemende aantal minderjariges wat swanger raak. Die Oos-Kaapse regering het onthul meer as 100 kinders van tussen tien- en 14-jaar oud, en byna vyfduisend tieners tussen het April en Junie geboorte geskenk. Die polisie het sake aanhangig gemaak teen volwassenes wat daarvan beskuldig word dat hul minderjariges swanger gemaak het. Die nasionale uitvoerende hoof van Childline, Dumisile Cele, sê die syfers is kommerwekkend en versoek beroepslui en gemeenskappe om in die lig van die toenemende krisis sulke gevalle aan te meld.