# Die minister in die Presidensie, Sindisiwe Chikunga, het ‘n bewusmakingstaptog van een-kilometer in Ermelo, Mpumalanga gelei tydens die bekendstelling van die Veldtog vir Positiewe Manlikheid. Die tema is “Real Men and Boys Build, Protect and Transform“, en wil mans en seuns aanmoedig om verantwoordelikheid te neem in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord, en om vroue en meisies met waardigheid en respek te behandel. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, sê alle provinsies moet die hulpbronne tot hul beskikking ten volle benut om geslagsgeweld hok te slaan:
Chikunga stel veldtog vir positiewe manlikheid in Mpumalanga bekend [KLANK]