# Die Onderwys- en Opleidingsowerheid vir Chemiese Nywerhede, CHIETA, sê groen waterstof is ʼn weg na ekonomiese vernuwing en klimaatsweerstandigheid, en met die regte vaardighede kan Suid-Afrika die pad aanwys. Die Gehalteraad vir Ambagte en Beroepe het drie nuwe Nasionale Kwalifikasieraamwerk Vlak 4 groenwaterstof-vaardigheidsprogramme goedgekeur. Dit is groenwaterstof-vervaardiging, groenwaterstof-berging en -oordrag, en groenwaterstof-tegnologie. CHIETA se hoof, Yershen Pillay, sê groen waterstof kan inklusiewe nywerheidsgroei aandryf, ontkoling ondersteun en volhoubaarheid bevorder.
CHIETA sê Suid-Afrika kan Afrika se groenwaterstof-rewolusie lei