# Die Protea-Landdroshof het die saak teen die beskuldigdes in die moord op die Gautengse verkeersbeampte Chesnay Keppler na die Hooggeregshof in Johannesburg oorgeplaas vir ‘n voorverhoor vanaf volgende Donderdag. Die voormalige polisiebeampte Mandla Buthelezi en sy medebeskuldigde, Llewellyn Mayers, staan tereg op aanklagte van onder meer moord, poging tot moord, regsverydeling en oortreding van die Wet op die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat. Die Keppler-familie se regsverteenwoordiger, Windel Bloem, het aan SABC News gesê die aanklagte is op albei beskuldigdes beteken:
Chesnay Keppler-moordsaak na Johannesburgse Hooggeregshof oorgeplaas [KLANK]
ENG-BloemOnKeppler