# Change South Africa vra die regering om dringend op te tree en gapings te vul nadat die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling se befondsing gestaak is. Die agentskap het aan die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting, Pepfar, kennis gegee dat toelaes gestaak word. Pepfar-fondse maak 17-persent uit van Suid-Afrika se 44,4-miljard-rand-veldtog vir MIV-berading en toetsing. Change South Africa sê indien die regering niks doen en nie dringend planne maak nie, sal dit nog dood en lyding veroorsaak.
Change South Africa waarsku oor meer Vigs-sterftes na USAID-fondse gestaak word