# Die Raadgewende Ingenieursraad van Suid-Afrika, CESA, waarsku die voorgestelde Kantoor van die Ingenieur-Generaal kan onnodige burkoratiese rompslomp en koste meebring sonder om die land se infrastruktuurprobleme op te los. CESA se uitvoerende hoof, Chris Campbell, bevraagteken die doeltreffendheid en kapasiteit om betekenisvolle verandering mee te bring. Campbell benadruk kwessies insluitend korrupsie, vandalisme en vaardigheidstekorte as sleutel-struikelblokke. Hy doen ‘n beroep op die regering om professionalisering, gevolgbestuur en vaardigheids-ontwikkeling in die sektor voorop te stel, eerder as om nog ‘n oorsigliggaam te skep met beperkte praktiese impak.
CESA spreek kommer uit oor voorgestelde Kantoor van Ingenieur-Generaal