# Die DA in die Wes-Kaap sê die handels- en beleggingsagentskap, Wesgro, het meer as 25-miljard-rand in handel en beleggings- en uitvoerverklarings gedurende die 2025/2026-boekjaar gefasiliteer, ten spyte van voortdurende vertragings by Kaapstad hawe. Noko Masipa van die party sê die belegging sal na verwagting meer as vyfduisend-400 moontlike werksgeleenthede skep, met uitvoere wat uitbrei […]
# Die Madlanga-kommissie het gehoor Dereleen James van ActionSA was in besit van topgeheime dokumente wat verbind is aan ‘n ondersoek deur die Direktoraat Teen Korrupsie. Drushantha Ramsamy van IDAC het getuig James sou ‘n beëdigde verklaring en bewyse in die Artikel 27-ondersoek indien, maar het nie saamgewerk nie. Ramsamy sê die hoofondersoeker Dylan Perumal […]
# Die adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Jomo Sibiya, het die regering se verbintenis tot die versterking van bande met die Chinese sakegemeenskap herbevestig terwyl die nakoming van Suid-Afrika se arbeidswette bevorder word. Tydens ‘n vergadering met Chinese sakeleiers in Kaapstad het Sibiya ondernemings aangespoor om werkersregte te respekteer, onwettige arbeidspraktyke te beëindig en te […]
# Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap het Premier Foods veroordeel nadat sy uitvoerende hoof, Kobus Gertenbach, ‘n salarispakket van 26-miljoen-rand ontvang het terwyl die maatskappy beplan om sy Tulbagh-vrugte-inmaakaanleg te sluit. Die federasie voer aan die beplande sluiting kan duisende werksgeleenthede bedreig en die plaaslike ekonomie verwoes, en beskuldig die maatskappy daarvan dat hy […]
# ‘n Nuwe studie deur die Universiteit van Wes-Kaapland dui aan om te veel tyd op sosiale media en slimfone deur te bring kan ‘n uitwerking op studente se geestesgesondheid hê. Volgens navorsers is studente wat meer tyd op sosiale media spandeer het, meer geneig om simptome van depressie, angs en posttraumatiese stresversteuring te toon. […]
# Die vakbond Solidariteit sê die moontlike sluiting van Premier Foods se vrugte-inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap kan ‘n verwoestende uitwerking op die gemeenskap hê. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het reeds begin met gesprekke oor die voorgestelde sluiting. Gideon du Plessis van die vakbond sê 424 regstreekse en duisende onregstreekse werksgeleenthede […]
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het vyf verdagtes, insluitend lede van die Ekurhuleni Metropolisiedepartement, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ‘n privaat burger, in hegtenis geneem in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Die geskorste adjunkhoof van die EMPD, Julius Mkhwanazi, is volgens berigte een van die gearresteerdes. Lizzy Suping van OPOD sê die verdagtes […]
# The Independent Police Investigative Directorate has arrested five suspects, including members of the Ekurhuleni Metro Police Department, the South African Police Service and a private citizen, in connection with the 2022 murder of Emmanuel Mbense. Suspended EMPD deputy chief Julius Mkhwanazi is reported to be among those arrested. IPID’s Lizzy Suping says the suspects […]
# ‘n Binnehuisversierder Nomsa Shabangu, het in die Hooggeregshof in Pretoria getuig dat die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se huis in Bruma ingrypende luukse opknappings ondergaan het. Dit sluit in plafonne met bladgoud-afwerking, ondervloerse verhitting en spesiaal vervaardigde huisversierings. Shabangu het getuig sy het oor die jare sowat 1,7-miljoen-rand kontant vir die opknappings […]