# Die hoof van ondersoeke by die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Matthews Sesoko, het aan die Madlanga-kommissie gesê vorige viktimisasie in die werkplek en ‘n vermeende werkverwante ontvoering het hom verhinder om sy uitsluiting van Misdaadintelligensie-ondersoeke te betwis. Sesoko het gesê hoewel daar moontlik ‘n saak teen Misdaadintelligensie-amptenare was, het IDAC versuim om behoorlike ondersoekprosesse te […]
# Die Investec-ekonoom Lara Hodes sê Suid-Afrika se mynbousektor maak steeds ‘n belangrike bydrae tot ekonomiese groei, ondersteun deur die land se ryk minerale hulpbronne. Volgens Hodes ondersteun die sterk wêreldwye vraag na platinumgroepmetale, goud, steenkool, ystererts, mangaan en chroom steeds uitvoere. Sy sê die oplossing van elektrisiteits- en logistieke probleme kan produksie en uitvoere […]
# Die Universiteit van Kaapstad het saam met Applied Higher Education die Afrika-ranglysinisiatief begin, wat daarop gemik is om ‘n Afrika-geleide raamwerk te skep om universiteitsuitnemendheid te meet. Universiteite regoor die vasteland is genooi om later hierdie maand die inisiatief te help vorm tydens ‘n konferensie in Kaapstad. Mosa Moshabela van die universiteit sê die […]
# Twee Suid-Afrikaanse innoveerders is op die kortlys vir die 2026 Afrika-prys vir Ingenieursinnovering. Die chemiese ingenieur, professor Dyllon Randall, is erken vir die ontwikkeling van ‘n urien-tot-kunsmis-herwinningstelsel, terwyl biomediese navorser, Sincengile Ntshingila op die kortlys is vir die skep van ‘n virtuele weefselkultuuropleidingsplatform. Die finaliste sal in Oktober in Johannesburg meeding vir die eerste […]
# Die Brakpan-landdroshof het die moordsaak teen die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander tot 13 Augustus uitgestel. Mkhwanazi sal in aanhouding bly nadat die staat borgtog teengestaan het. Die vyf word daarvan beskuldig dat hulle die sakeman Emmanuel Mbense, wie se liggaam in ‘n dam naby Nigel gevind is, vermoor […]
# Die vorige minister van Landbou, John Steenhuisen, se voormalige stafhoof, Roman Cabanac, het sy eis van vyf-miljoen-rand vir onbillike ontslag teen die Departement van Landbou verloor. Die bedingingsraad het beslis dit het geen jurisdiksie nie, omdat Cabanac se indiensneming voorwaardelik was op die verkryging van sekuriteitsklaring. Hy het nie klaring gekry nie nadat hy […]
# Die EFF-leier, Julius Malema, het ‘n hewige woordewisseling ontketen tydens ‘n sitting van die Parlement se ampsklagkomitee toe hy die ANC-LP Cameron Dugmore van rassisme en wit meerderwaardigheid beskuldig. Dit volg nadat Dugmore Malema tereggewys het omdat hy die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, op haar voornaam aangespreek het, wat volgens hom nie […]
# ActionSA het ‘n beroep op die stadsbestuurder van Ekurhuleni, Kagiso Lerutla, gedoen om die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, onmiddellik te ontslaan. Die party sê senior amptenare moet die hoogste mate van integriteit en aanspreeklikheid handhaaf. Die woordvoerder van ActionSA, Tumelo Tshabalala, voer aan versuim om op te tree ondermyn die publiek […]
# ‘n Voormalige Eskom-kontrakteur Michael Lomas is deur die Hooggeregshof in Johannesburg ‘n vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar ten volle opgeskort is. Hy het skuldig gepleit op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie wat verband hou met die Kusile-kragstasie-korrupsiesaak van 1,4-miljard-rand. Die 79-jarige het erken hy het omkoopgeld gebruik om […]