# Die Madlanga-kommissie se getuienisleiers het aansoek gedoen om die waarnemende koördineerder van die Intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo, se getuienis agter geslote deure aan te hoor. Dit sal na verwagting fokus op intelligensiestrukture, georganiseerde misdaad-bedreigings en bewerings van infiltrasie van die strafregstelsel. Die getuienisleiers vra dat sy getuienis, opnames, getuienisverslae en ondersteunende dokumente vertroulik hanteer word. Sifolo sou vandag getuig het, maar sy verskyning is uitgestel tot ‘n onbepaalde datum. Enige mediagroep wat die aansoek wil teenstaan, moet dit teen Donderdag skriftelik indien.
Madlanga-kommissie wil intelligensie-amptenaar se getuienis agter geslote deure laat plaasvind