# Die Motorbedryf-personeelvereniging verwerp enige sprake van afleggings in die brandstofkleinhandelsektor na die jongste petrolprysverhoging van een-rand-43-sent per liter. Die vakbond voer aan dit is voortydig en onverantwoordelik om afleggings te oorweeg wanneer werkers reeds onder druk verkeer van hoë lewenskoste, skuld en werkloosheid. Die MISA-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola waarsku afleggings sal verdere druk op werkers […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het sy ‘wees die reddingsboei, gee bloed, gee ‘n volgende dag’-veldtog van stapel gestuur om Wêreldbloedskenkersdag en 25 jaar van lewensredding deur bloedskenking te vier. Die veldtog vereer duisende Suid-Afrikaners wie se skenkings steeds pasiënte ondersteun, van ongelukslagoffers en kankerpasiënte tot pasgebore babas wat dringende sorg benodig. Die organisasie doen […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê plaaslike regeringshervorming dwing inwoners om te betaal vir munisipale mislukking. Die organisasie het sy finale kommentaar oor die hersiene konsep-witskrif oor plaaslike regering ingedien. OUTA vra raadslede moet aan basiese bevoegdheidstandaarde voldoen en dat politieke leiers vir die gevolge vir korrupsie, inmenging en swak prestasie verantwoordelik gehou word. Julius […]
# ActionSA het teleurstelling uitgespreek oor die verkiesing van ‘n ANC-goedgekeurde kandidaat as voorsitter van die Parlement se ampsklagkomitee. Lerato Ngobeni van die party sê die proses moes deur ‘n onafhanklike opposisiefiguur gelei gewees het om onpartydigheid en regverdigheid te verseker. Ngobeni glo die komitee, wat sal bepaal of daar gronde is vir die verwydering […]
Die ANC-vroueliga sê sy president, Sisisi Tolashe, sal verlof neem terwyl sy aan dissiplinêre prosesse binne die ANC onderwerp word. Die besluit volg na ‘n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee. Tolashe word daarvan beskuldig dat sy twee luukse voertuie wat aan die vroueliga geskenk is, vir persoonlike gebruik geneem het. Die sekretaris-generaal van […]
# Die ANC Veteraneliga belowe om sy deur-tot-deur-veldtog en gemeenskapsuitreikpogings te verskerp voor die komende plaaslike regeringsverkiesing. Snuki Zikalala van die liga sê lede sal aktief betrokke wees by die mobilisering van kiesers en betrokke wees by gemeenskappe, veral bejaardes, as deel van pogings om vertroue te herbou en die party se verkiesingsvertoning te verbeter. […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor berigte dat hoëronderwysinstellings meer as 165-duisend studentesertifikate terughou weens ‘n studenteskuldkrisis van 59-miljard-rand. Claude Naicker van die vereniging sê die situasie raak veral arm en werkersklas-studente, wat toegang tot werk en professionele geleenthede beperk. Die vakbond vra dringende ingryping, insluitend ‘n moratorium op die weerhouding van sertifikate […]
# Suid-Afrikaanse wetenskaplikes, ingenieurs en innoveerders ding mee om top nasionale erkenning nadat die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum die finaliste vir die 2025/2026 NSTF-South32-toekennings aangekondig het. Die toekennings, bekend as die Wetenskap Oscars, vereer uitstaande werk in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie in 16 kategorieë. Vanjaar se tema fokus op gesonde veroudering, met wenners wat […]
# Adjudant-offisier Karl Sander van die Valke in KwaZulu-Natal het voor die Madlanga-kommissie getuig dampe van groot hoeveelhede gekonfiskeerde Mandrax-tablette kan ernstige gesondheidsgevare inhou. Sander verduidelik polisiebewyssakke word gemaak van materiaal met fyn gaatjies wat moontlik dampe kan vrystel. Hy sê beamptes en doeanebeamptes wat betrokke was by ‘n groot dwelmbeslaglegging het siek geword, met […]