# Standard Bank has congratulated the 15 winners of the 16th annual Sikuvile Journalism Awards, held in partnership with the South African National Editors’ Forum. More than 400 entries were received from journalists nationwide. The bank’s CEO, Sim Tshabalala, praised journalists for their commitment to truth and accountability, while SANEF said this year’s competition was […]
# Business Partners Limited sê stygende brandstofpryse en wêreldwye onsekerheid dwing baie Suid-Afrikaanse klein en mediumgrootte ondernemings om te fokus op oorlewing. Die jongste KMO-vertrouensindeks toon sakevertroue het afgeneem en meer as 90-persent van ondernemings sê brandstofprysverhogings veroorsaak hoër bedryfskoste. Die verslag onthul baie ondernemings reageer deur pryse te verhoog, koste te besnoei en hul […]
# Action Society sê die 292 geboortes wat tussen April en Desember verlede jaar onder meisies van 10 tot 14 jaar in die Wes-Kaap aangeteken is, behoort elk tot ‘n misdaadondersoek te lei. Die organisasie sê elke kinderswangerskap moet as ‘n kinderbeskermingsaak behandel word om te bepaal of seksuele misbruik of uitbuiting plaasgevind het. Juanita […]
# Business Leadership South Africa verwerp bewerings deur Eskom se raadsvoorsitter, Mteto Nyati, dat sy steun vir die hervorming van die elektrisiteitsoordragstelsel op politieke inmenging neerkom. Die organisasie voer aan die afsondering van Eskom se oordragbates strook met regeringsbeleid en is noodsaaklik om bestuur te verbeter, botsende belange uit die weg te ruim en beleggings […]
# Die munisipale vakbond SAMWU sê onderbefondsing, korrupsie en gebrekkige infrastruktuur het plaaslike regering en die watersektor in ‘n krisis gedompel. Die vakbond gaan môre betoog by die Nasionale Tesourie en ander staatsdepartemente in Tshwane. SAMWU verwag binne 14 werksdae ‘n skriftelike reaksie op sy versoekskrif. Hoofsekretaris Dumisane Magagula sê hulle eis verhoogde befondsing vir […]
# Standard Bank het die 15 wenners gelukgewens van die 16de jaarlikse Sikuvile-joernalistiektoekennings wat in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum gehou is. Meer as 400 inskrywings is van joernaliste landwyd ontvang. Die uitvoerende hoof van Standard Bank, Sim Tshabalala, het joernaliste geprys vir hul toewyding aan waarheid en aanspreeklikheid, terwyl SANEF gesê het vanjaar […]
# Die voormalige Ekurhuleni Metropolisiebeampte Kersha-Leigh Stols is in aanhouding na haar verskyning in die Johannesburgse landdroshof oor ‘n beweerde diefstal van edelstene ter waarde van 14,9-miljoen-rand. Stols, die geskorste EMPD-beampte, Adrian MacKenzie, en die sakeman Etienne van der Walt word daarvan beskuldig dat hulle hulself as wetstoepassers voorgedoen het tydens ‘n klopjag op ‘n […]
# Die Stad Kaapstad het hom skuldig gemaak aan wanadministrasie en onbehoorlike gedrag weens die versuim om voldoende basiese dienste aan inwoners van Langa en Khayelitsha te verskaf. Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het op ‘n nuuskonferensie inligting bekend gemaak oor die verslag na beweerde diensleweringsmislukkings deur die stad. Sy het gesê die ondersoek bevestig […]
# Die leier van die EFF, Julius Malema het ‘n beëdigde verklaring aan die Madlanga-kommissie voorgelê waarin hy verklaar die befondsing van sy party deur die tabaksakeman Adriano Mazzotti is in die openbaar verklaar. Malema het bewerings van ‘n geheime verhouding verwerp en gesê sy interaksies en finansiële reëlings met Mazzotti is reeds bekend. Na […]