# The South African Weather Service says Ceres in the Western Cape has recorded its highest 24-hour rainfall since records began in 1955 during a severe storm between 10 and 12 May. The area recorded more than 500-millimetres of rain so far this month, far above the long-term average of about 80-millimetres. The service’s Hannelee […]
# Eskom sê drie jong Suid-Afrikaanse wetenskaplikes sal die land volgende maand by die Internasionale Wiskunde-, Wetenskap- en Ingenieurstentoonstelling in Turkye verteenwoordig. Hulle sal projekte oor vuurpylwetenskap, die uitwerking van klimaat op visse en gevorderde wiskundige modellering aanbied. Die afvaardiging sluit leerders van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en die Vrystaat in. Hul navorsing wissel van die […]
# Die GOOD-party sê soldate wat as deel van Operasie Prosper ontplooi is, leef in onaanvaarbare omstandighede by ‘n militêre basis in Kaapstad, ten spyte van ‘n begroting van 823-miljoen-rand. Die party beweer bykans 146 troepe deel slegs drie toilette, met een toilet wat volgens berigte buite werking is. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron […]
# Die ekonoom, Dawie Roodt sê Suid-Afrika loop die risiko om mense van die rand weg te dryf as valutabeheer op kriptogeldeenhede verskerp word. In ‘n onderhoud met BizNews het Roodt die voorgestelde Tesourie-regulasies kritiseer wat kripto-houers kan dwing om bates te verklaar en, in sommige gevalle, aan die staat te verkoop. Hy het aangevoer […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die sukses van Operasie Prosper hang af van intelligensie-gedrewe polisiëring en sterker samewerking tussen gemeenskappe om bendemisdadigers te help identifiseer. Hy het gepraat tydens ‘n besoek aan bende-geteisterde gebiede op die Kaapse Vlakte, insluitend Mitchells Plain, Lentegeur en Gugulethu, waar gewelddadige skietery voortduur ten spyte van die militêre ontplooiing. Mashatile […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Ceres in die Wes-Kaap het tydens ‘n hewige storm tussen 10 en 12 Mei sy hoogste reënval in ‘n tydperk van 24-uur aangeteken sedert rekords in 1955 begin het. Die gebied het dié maand reeds meer as 500-millimeter reën gekry, ver bo die langtermyn-gemiddeld van 80-millimeter. Hannelee Doubell van die […]
# AfriForum sê die Johannesburgse Vereniging van Advokate moet deursigtig wees oor sy toelatingsproses vir pupilskap na bewerings van rassediskriminasie. Die organisasie het gedetailleerde inligting aangevra wat terugdateer na 2016, insluitend aansoekergetalle, toelatingsyfers en die ras- en geslagsverdeling van kandidate. Dit vra ook vir duidelikheid of rasgebaseerde kriteria, kwotas of teikens in keurings gebruik is. […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging is bekommerd oor die toenemende ontvoeringskrisis in Gauteng. Polisiestatistieke dui aan daar is gemiddeld 27 ontvoerings, rooftogte of losprysgevalle elke dag, met Gauteng wat meer as twee-duisend-400 gevalle in net drie maande aangeteken het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê die misdade word meer professioneel georganiseer en bly ‘n ernstige bedreiging vir […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sal die afpersingsaak teen die taxi-hoof Joe Sibanyoni en sy medebeskuldigdes, môre weer in die Landdroshof in Delmas, Mpumalanga registreer weens veiligheidsredes. NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Sibanyoni, Daniel Masilela, Phillimon Msiza en Oupa Sindane staan tereg op bewerings van afpersing van meer as twee-miljoen-rand in beskermingsgeld van ‘n mynbou-entrepreneur. Die saak […]