# ActionSA sê Suid-Afrika hoef nie te kies tussen ekonomiese groei en sterker immigrasie-afdwinging nie. Mongezi Ntsebenzo van die party voer aan behoorlik-bestuurde, wettige migrasie kan die ekonomie versterk, maar die regering moet veiligheid by grense verbeter en immigrasiewette afdwing. Hy sê wettige migrasie en onwettige immigrasie moenie dieselfde behandel word nie. Ntsebenzo voeg by […]
# Die Verkiesingskommissie is gereed vir Saterdag en Sondag se laaste spesiale kiesersregistrasienaweek voor die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Meer as 23-duisend-600 stempunte is beskikbaar en meer as 48-duisend amptenare sal ontplooi word om kwalifiserende kiesers te help registreer, hul besonderhede by te werk of inligting te bevestig. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, vra Suid-Afrikaners […]
# Standard Bank sê franchise-ondernemings kan ‘n belangrike rol speel om Afrika se informele ekonomie deel van die formele ekonomie te maak, werk te skep en entrepreneurs se toegang tot befondsing verbeter. Woordvoerder André Beck sê die sektor bied ‘n beproefde, laerisiko-roete na sake-eienaarskap. Franchise-ondernemings dra sowat 15-persent by tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk […]
# The Electoral Commission is ready for Saturday and Sunday’s final special voter registration weekend ahead of the local government elections on 4 November. More than 23-thousand-600 voting stations and over 48-thousand officials will be deployed to assist eligible voters to register, update their details or verify their information. Chief electoral official Sy Mamabolo urges […]
# The chairperson of Parliament’s Portfolio Committee on Communications and Digital Technologies, Khusela Sangoni Diko, has called for a trusted, inclusive and accountable artificial intelligence ecosystem to drive South Africa’s digital transformation. The Prosus and Naspers AI Governance and Policy symposium brings together government, industry, academia and technology leaders to advance the ethical and practical […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gaan luitenant-generaal Thembelani Xundu Vrydag amptelik aanstel as sy nuwe personeelhoof tydens ‘n ampswisseling-seremonie. Die geleentheid is die formele oorhandiging van pligte na die aftrede van luitenant-generaal Michael Ramantswana. Xundu aanvaar ‘n sleutelleierskapsrol wat verantwoordelik is vir strategiese koördinering en administratiewe toesig binne die Weermag. Senior militêre leiers en regeringsamptenare […]
# Luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi is aangestel as die nuwe Wes-Kaapse polisiekommissaris. Hy volg luitenant-generaal Thembisile Patekile op, wat verlede maand ná vier dekades afgetree het. Dyantyi het in 1992 aangesluit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens en daarna verskeie senior leiersrolle beklee. Hy begin Saterdag amptelik in die posisie. Dyantyi sê hy sal bewysgedrewe wetstoepassing versterk, met […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap sê bouwerk aan sy diep-ruimte-grondstasie by Matjiesfontein in die Wes-Kaap is op koers en sal na verwagting binne die volgende 18 tot 24 maande voltooi wees. SANSA sê die regeringsbefondsde aanleg sal Suid-Afrika se rol in wêreldruimtewetenskap en satelliet-kommunikasie versterk. Uitvoerende hoof Humbulani Mudau sê die projek sal ook plaaslike […]
# Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het toegegee die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moes nie saam met die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en ander beskuldigdes in die Medicare24-korrupsiesaak aangekla gewees het nie. Die voorsitter van die Madlanga-kommissie het haar ondervra. Mbuyiseli Madlanga sê die aanklagte teen Masemola ingevolge […]