# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg teenoor dieselfde maand verlede jaar. Kos en drank, asook petroleum en chemiese produkte, was van die grootste bydraers tot die groei. Seisoensaangepaste produksie het van Junie af ook met 2,2-persent gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het met 3,9-persent in Julie gestyg […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle staan saam met werkers by Adcock Ingram wat gekant is teen planne om tot 250 werknemers af te dank en een van die maatskappy se aanlegte te sluit. Die party sê die afdankings kom te midde van toenemende afleggings in die farmaseutiese sektor, met meer as twee-duisend-500 werkers […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-vakbond sê die ontsnapping van ‘n gevangene uit die Rooigrond Korrektiewe Sentrum in Noordwes het uitdagings by korrektiewe fasiliteite onder die soeklig geplaas. Die vakbond verwelkom Edward Madiba se herarrestasie, maar die voorval wek kommer oor verouderende infrastruktuur, sekuriteitswakhede en personeeltekorte. Johannes Dire van Popcru sê korrektiewe beamptes het genoeg personeel, […]
# Die staatsbeheerde logistieke groep Transnet het ‘n wins van 4,6-miljard-rand aangekondig vir die boekjaar tot Maart 2026. Dit is sy eerste jaarlikse wins in vier jaar. Die maatskappy sê die resultaat is hoofsaaklik gedryf deur die verkoop van sy Pier 2-terminaal en verbeterde spoor- en pyplynvolumes. Inkomste het met 7,1-persent tot 88,6-miljard-rand gestyg. Transnet […]
# Standard Bank waarsku die droë toestande gekoppel aan die 2026/2027 El Niño-verskynsel, kan gewasse, vee, voedselpryse en die breër ekonomie beïnvloed. Die bank sê droogte, hitte en laer reënval kan druk op boere en watervoorrade plaas. Hy sê dit kan ook lei tot hoër voedselkoste en kan ekonomiese groei beïnvloed. Louis van Ravesteyn van […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die Departement sal volgende week ‘n versoek om inligting publiseer vir die herontwikkeling van die gebied romdom Telkom Towers in Pretoria. Die projek sal na verwagting tot 2,2-miljard rand kos en meer as vyf-duisend-300 geleenthede vir konstruksiewerkers skep. Planne sluit ook die Openbare Werke-gebou […]
# Forum for South Africa sê die regering moet die slaagvereistes vir matriek verhoog, en sê ‘n 30 persent-slaagsyfer in sommige vakke is te laag. Die Forum beplan om ‘n Wiskunde-program vir grade vier tot sewe in werking te stel om leerders se vaardighede te verbeter voordat hulle matriek bereik. Tebogo Mashilompane van die Forum […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê ses Suid-Afrikaners word steeds vermis na die verwoestende kitsvloede in Nepal en Tibet. DNS-profiele van hul familielede is na die Nepalese polisie en Interpol gestuur om te help om slagoffers te identifiseer, met Suid-Afrikaanse diplomatieke missies in Indië en China wat ook met die soektog help. […]
# Action Society het die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, versoek om ouers en versorgers beheerde toegang te gee tot inligting oor volwassenes wat skuldig bevind is aan seksuele oortredings teen kinders. Die organisasie voer aan die geheimhouding rondom die nasionale register vir seksoortreders, stel ouers nie in staat om hul kinders […]